Back to Song Library
Two cups

Two cups

Emotional Afrikaans piano and violin ballad. Moderate slow tempo around 72–76 BPM. Natural expressive female vocal with clear conversational phrasing, not dragged out or overly breathy. Piano is the main instrument with emotional solo violin supporting the vocal. Minimal arrangement with no orchestra, no choir, no heavy drums, no gospel and no pop. Build emotion through the piano, violin and voice. Intimate, haunting, deeply sad but beautiful.

Lyrics

Die huis het stiller geword toe jy stil geword het. Nou praat die mure met my in ’n taal wat net verlies verstaan. Ek haal nog twee bekers uit een vir my een vir jou. Want my hande het nog nie geleer wat my hart reeds weet nie. Die oggende kom sonder jou. die nagte gaan sonder jou. en tussenin probeer ek tyd verstaan wat jou so vroeg kon wegvat. Ek sien jou nog in plekke waar jy nie meer staan nie. In die hoek van ’n kamer. In die lig deur die venster. In die klein dinge waaraan niemand anders dink nie. En soms… is die stilte so hard dat die realiteit op my wil gil. Ek onthou nog jou warmte voor die koue alles stil gemaak het. En elke keer as ek daaraan dink kry my vel weer hoendervleis asof my hart jou nog kan voel al kan my hande jou nie meer vind nie. Daar is ’n sekonde tussen onthou en besef waar jy nog hier voel waar my hart nog na jou toe reik voordat die werklikheid hom terugtrek. Jou lag eggo nog êrens diep in die agtergrond soos ’n herinnering wat weier om stil te word. Daardie lag wat sonder toestemming deur ’n vertrek kon breek. En nou, wanneer ek dit amper hoor bly ek stil want selfs my eie glimlag voel verkeerd wanneer ek weet ek kan nie meer joune hoor nie. Nou is daar net die eggo van iets wat eens geleef het. En ek staan stil en luister na ’n geluid wat net my hart nog kan herken. Ek dra nog jou klere. Nie omdat dit myne is nie maar omdat dit vir ’n paar sekondes voel asof jy nader is. Ek trek jou wêreld aan soos iemand wat probeer om ’n herinnering teen sy vel vas te hou. Ek probeer die wêreld deur jou oë sien. Ek probeer verstaan wat jou hart moes weet wat myne nooit sal kan ken nie. Maar dan kom daardie steekpyn. Daardie een wat nie vra of ek gereed is nie. En ek kan nie kla nie. Want wanneer ek dink aan alles waardeur jy moes gaan… voel my eie pyn te klein om hardop te noem. So ek hou dit stil. Ek sit jou klere terug. Ek vou die herinneringe netjies op asof ek hulle daarmee kan keer om verder uitmekaar te val. Maar hoe vou ’n mens iemand se lewe op? Hoe bêre jy ’n stem? Hoe hou jy ’n lag vas in jou hande? Hoe raak jy aan iemand wat nou net in jou herinneringe nog warm kan wees? Jou lag eggo nog êrens diep in die agtergrond. Ek sweer soms ek hoor dit. En vir ’n oomblik vergeet my hart dat jy nie meer hier is nie. Ek wil jou stem hê tussen die gewone dinge. Ek wil jou hê waar jy veronderstel was om te wees. Nie in ’n foto nie. Nie in ’n herinnering nie. Nie net in die stories wat ander mense oor jou vertel nie. Hier. Waar jou plek nog wag asof jy enige oomblik deur die deur kan stap. Ek wag nog vir jou liggie. Daardie klein flikkering wat my vir ’n oomblik laat dink miskien probeer jy iets sê. Ek vra nie meer vir ’n wonderwerk nie. Ek vra net vir een teken wat my kan laat glo dat liefde êrens bly nadat iemand weg is. En as die lig vanaand weer flikker sal ek nie vra waarom nie. Ek sal net kyk. En luister. Want miskien is stilte nie altyd leeg nie. Miskien dra stilte net die dinge wat woorde nie meer kan dra nie. Jy was te vroeg. Dit is die sin wat ek oor en oor probeer sluk. Te vroeg vir nog ’n oggend. Te vroeg vir nog ’n aand. Te vroeg vir nog ’n grap. Te vroeg vir nog ’n lag wat deur hierdie huis kon eggo. Te vroeg vir alles wat ons nog moes wees. Ek haal nog twee bekers uit. Ek dra nog jou klere. Ek kyk nog na die deur. Ek wag nog vir jou lig. En diep binne my bly daar ’n deel wat nog nie verstaan dat jy nie terugkom nie. Ek onthou jou warmte voor die koue alles stil gemaak het. Ek onthou jou lag voor die stilte dit kom haal het. Ek onthou jou hande voor ek moes leer hoe koud herinneringe kan voel. En as ek soms probeer om jou te wees… is dit nie omdat ek myself verloor het nie. Dis omdat ek jou so verskriklik mis dat ek vir ’n oomblik net wil weet hoe dit moes gevoel het om jy te wees. Want jy het my geleer hoe hard ’n mens kan liefhê. En toe het jy my geleer hoe hard stilte kan skree. Die huis is leeg. Die twee bekers staan nog. Die lig flikker. En ek luister nog.

Generate Voiceovers & songs with AI

Download Voices AI

Create audio with more than 300 different voices in our library.

4.7176k Reviews20M+ Downloads

Recommended Songs

Discover the Future of Music with Our AI-Generated Songs Library

Welcome to the next generation of music creation with our AI Songs Library, where innovative artificial intelligence meets creative expression. Explore a vast selection of user-generated AI songs across genres, moods, and languages. From ambient and cinematic soundscapes to upbeat pop and deep, resonant tracks, our AI-driven technology brings unique, high-quality music to life, perfect for any project or personal enjoyment.

Whether you're a content creator, game developer, podcaster, or simply a music lover, our AI-powered song library offers something for everyone. Each track is crafted using advanced AI technology, ensuring realistic sound quality and a natural feel, with customizable options to suit your unique needs. From background scores to inspirational soundtracks, discover the versatility and depth of AI music on our platform.

Key Features of Our AI Songs Library:

  • Wide Genre Selection: Discover songs across various music styles like pop, rock, hip-hop, classical, jazz, ambient, and more, all generated by advanced AI technology.
  • Mood and Tone Customization: Easily find or create tracks that match the mood you need-whether it’s upbeat, chill, dramatic, or inspirational, our AI music offer the perfect vibe.
  • Multi-Language Lyrics: Our library includes songs in multiple languages, including English, German, Spanish, and many others, expanding your reach and connecting with global audiences.
  • Perfect for Multimedia: Use our AI song generator for background music, sound effects, or as a unique addition to your videos, podcasts, and presentations.

Why Choose Our AI-Generated Songs?

  • High-Quality Sound: Our multi-language support means your music can engage listeners from around the world, making it perfect for cross-cultural projects.
  • Endless Creativity: With AI-driven customization, each song can be uniquely tailored to fit your project’s needs, making it a valuable asset for creators.
  • Global Accessibility: Our multi-language support means your music can engage listeners from around the world, making it perfect for cross-cultural projects.
  • Easy Integration: Download and integrate songs effortlessly into your existing workflows, whether it’s for audio production, streaming, social media, or commercial use.

Browse our AI Songs Library now to explore user-generated music, crafted with cutting-edge AI technology. Find the perfect soundtrack for your content, elevate your projects with innovative soundscapes, and experience the future of music creation today.